Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 35:6-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

6. so waar as Ek leef,” verklaar יהוה-God, “sal Ek jou daarom oorgee aan bloedvergieting en bloedvergieting sal jou agtervolg; omdat jy bloedvergieting nie gehaat het nie, sal bloedvergieting jou volg.

7. Ek sal die berg Se’ir ’n puinhoop en ’n verlatenheid maak en Ek sal van hom afsny die een wat deurtrek en wat terugkom.

8. Ek sal sy berge vol maak met die wat neergeslaan is; in jou heuwels, jou valleie en in al jou klowe sal die wat neergeslaan is deur die swaard val.

9. Ek sal van jou ’n ewige verlatenheid maak en jou stede sal nie bewoon word nie, dan sal julle weet dat Ek יהוה is.

10. Omdat jy gesê het: ‘Hierdie twee nasies en hierdie twee lande sal myne wees en ons sal hulle besit,’ alhoewel יהוה daar was,

11. so waar as Ek leef,” verklaar יהוה-God, “Ek sal daarom met jou handel volgens jou woede en volgens jou afguns wat jy gewys het as gevolg van jou haat teen hulle; Ek sal Myself bekendmaak onder hulle wanneer Ek jou oordeel,

12. dan sal jy weet dat Ek, יהוה, al jou gesmaal gehoor het wat jy teen die berge van Yisra’el gepraat het deur te sê: ‘Hulle word woes gelê; hulle word vir ons gegee om te verteer.’

13. Julle het arrogant teen My gepraat en julle woorde teen My vermenigvuldig; Ek het dit gehoor.”

14. So sê יהוה-God: “Soos wat die hele aarde hom verbly, sal Ek jou ’n verlatenheid maak.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 35