Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 35:1-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord van יהוה het verder tot my gekom en gesê:Ps 137:7

2. “Seun van ’n mens, draai jou gesig teen die berg Se’ir en profeteer teen hom

3. en sê vir hom: ‘So sê יהוה-God: “Let op, Ek is teen jou, berg Se’ir en Ek sal My hand teen jou uitstrek en jou ’n verlatenheid en ’n puinhoop maak.

4. Ek sal jou stede ’n puinhoop maak en jy sal ’n verlatenheid word, dan sal jy weet dat Ek יהוה is.

5. Omdat jy ewige vyandskap koester en die seuns van Yisra’el aan die mag van die swaard oorgelewer het in die tyd van hulle katastrofe, in die tyd van die straf van die einde,

6. so waar as Ek leef,” verklaar יהוה-God, “sal Ek jou daarom oorgee aan bloedvergieting en bloedvergieting sal jou agtervolg; omdat jy bloedvergieting nie gehaat het nie, sal bloedvergieting jou volg.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 35