Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 34:28-31 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

28. Hulle sal nie langer ’n prooi vir die nasies wees nie en die diere van die aarde sal hulle nie verslind nie, maar hulle sal veilig bly en niemand sal hulle bang maak nie.

29. Ek sal vir hulle ’n plantasie van vrede oprig en hulle sal nie weer slagoffers wees van hongersnood in die land nie en hulle sal nie meer die beledigings van die nasies hoef te verdra nie,

30. dan sal hulle weet dat Ek, יהוה, hulle God, by hulle is en dat hulle, die huis van Yisra’el, My volk is,” verklaar יהוה-God.

31. Wat julle betref, My skape, die skape van My weiveld; julle is mense en Ek is julle God,” verklaar יהוה-God.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 34