Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 31:1-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. In die elfde jaar, in die derde maand, op die eerste van die maand, het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

2. “Seun van ’n mens, sê vir Farao, koning van Mitzrayim en aan sy menigtes: ‘Soos wie is jy in jou grootheid?

3. Let op, Ashur was ’n seder op die L’vanon met mooi takke, ’n skaduryke bos, baie hoog en sy top was tussen die wolke.

4. Die waters het hom laat groei, die diepte het hom hoog gemaak. Met sy riviere het hy aanhoudend uitgebrei reg rondom die plek waar hy geplant was en sy kanale uitgestuur na al die bome van die veld;

5. daarom was sy hoogte hoër as al die bome van die veld en het sy lote baie geword en sy takke lank, as gevolg van baie waters terwyl hy hulle uitsprei.

6. Al die voëls van die hemel het nes gemaak in sy takke en al die wilde diere van die veld het geboorte gegee onder sy lote en al die groot nasies het onder sy skaduwee geleef.

7. So was dit pragtig in sy grootheid, in die lengte van sy takke, want sy wortels het uitgesprei na baie waters.

8. Die seders in God se tuin kon nie met hom vergelyk nie; die sipresse kon nie vergelyk met sy lote nie en die plataanboom kon nie met sy takwerk vergelyk nie. Geen boom in die tuin van God kon met hom vergelyk in sy prag nie.

9. Ek het hom mooi gemaak deur die menigte van sy takke en al die bome van `Eden, wat in die tuin van God was, was jaloers op hom.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 31