Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 30:17-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Die jongmanne van On en Pi-Veset sal deur die swaard val en die vroue sal in gevangeskap gaan.

18. In Tagpanges sal die dag donker wees wanneer Ek daar die jukke van Mitzrayim verbreek. Dan sal die trots van haar mag in haar ophou; ’n wolk sal haar oordek en haar dogters sal in gevangeskap gaan.

19. So sal Ek oordeel voltrek in Mitzrayim en hulle sal weet dat Ek יהוה is.”’”

20. In die elfde jaar, in die eerste maand, op die sewende van die maand, het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

21. “Seun van ’n mens, Ek het die arm van Farao, koning van Mitzrayim, gebreek en let op, dit is nie verbind tot genesing of toegedraai met ’n verband sodat dit sterk kan wees om die swaard vas te hou nie.

22. יהוה-God sê daarom: ‘Let op, Ek is teen Farao, koning van Mitzrayim en sal sy arms breek, beide die sterk en die gebreekte een en Ek sal die swaard uit sy hand laat val.

23. Ek sal die Mitzrayiete verstrooi onder die nasies en hulle versprei tussen die lande,

24. want Ek sal die arms van die koning van Bavel versterk en My swaard in sy hand sit en Ek sal die arms van Farao breek sodat hy voor hom sal kerm soos die gekerm van ’n gewonde man.

25. So sal Ek die arms van die koning van Bavel versterk, maar Farao se arms sal val. Dan sal hulle weet dat Ek יהוה is, wanneer Ek My swaard in die hand van die koning van Bavel sit en hy dit uitstrek teen die land van Mitzrayim.

26. Wanneer Ek die Mitzrayiete sal verstrooi onder die nasies en hulle versprei tussen die lande, dan sal hulle weet dat Ek יהוה is.’”

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 30