Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 30:1-7 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord van יהוה het weer tot my gekom en gesê:

2. “Seun van ’n mens, profeteer en sê: ‘So sê יהוה-God: “Huil, ‘wee die dag,’

3. want die dag is naby, die dag van יהוה is naby; dit sal ’n dag wees van wolke; ’n tyd vir die nasies.

4. ’n Swaard sal op Mitzrayim kom en daar sal angs in Kush wees wanneer die neergeslaandes in Mitzrayim val, hulle vat haar rykdom weg en haar fondamente word afgebreek.

5. Kush, Put, Lud, al die gemengde nasies (Arabië), Kuv en die mense van die lande daarmee verbonde sal saam met hulle val deur die swaard.”

6. So sê יהוה: “Die wat Mitzrayim ondersteun sal beslis val en die trots van haar krag sal afkom; vanaf Migdol tot by S’venah sal hulle in haar val deur die swaard,” verklaar יהוה-God.

7. Hulle sal verlate wees tussen die verlate lande en haar stede sal tussen die verwoeste stede wees.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 30