Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 30:1-4 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord van יהוה het weer tot my gekom en gesê:

2. “Seun van ’n mens, profeteer en sê: ‘So sê יהוה-God: “Huil, ‘wee die dag,’

3. want die dag is naby, die dag van יהוה is naby; dit sal ’n dag wees van wolke; ’n tyd vir die nasies.

4. ’n Swaard sal op Mitzrayim kom en daar sal angs in Kush wees wanneer die neergeslaandes in Mitzrayim val, hulle vat haar rykdom weg en haar fondamente word afgebreek.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 30