Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 30:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord van יהוה het weer tot my gekom en gesê:

2. “Seun van ’n mens, profeteer en sê: ‘So sê יהוה-God: “Huil, ‘wee die dag,’

3. want die dag is naby, die dag van יהוה is naby; dit sal ’n dag wees van wolke; ’n tyd vir die nasies.

4. ’n Swaard sal op Mitzrayim kom en daar sal angs in Kush wees wanneer die neergeslaandes in Mitzrayim val, hulle vat haar rykdom weg en haar fondamente word afgebreek.

5. Kush, Put, Lud, al die gemengde nasies (Arabië), Kuv en die mense van die lande daarmee verbonde sal saam met hulle val deur die swaard.”

6. So sê יהוה: “Die wat Mitzrayim ondersteun sal beslis val en die trots van haar krag sal afkom; vanaf Migdol tot by S’venah sal hulle in haar val deur die swaard,” verklaar יהוה-God.

7. Hulle sal verlate wees tussen die verlate lande en haar stede sal tussen die verwoeste stede wees.

8. Hulle sal weet dat Ek יהוה is, wanneer Ek ’n vuur aansteek in Mitzrayim en al haar helpers gebroke is.

9. Op daardie dag sal daar boodskappers van My af uitgaan in skepe om die sorgelose Kush te verskrik en daar sal angs op hulle wees soos op die dag van Mitzrayim, want let op, dit kom!”

10. So sê יהוה-God: “Ek sal ook die menigtes van Mitzrayim tot ’n einde bring deur die hand van N’vukhadnetzar, koning van Bavel.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 30