Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 27:5-9 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. Hulle het al jou planke van dennebome vanaf S’nir gemaak; hulle het ’n seder vanaf L’vanon gevat om vir jou ’n mas te maak.

6. Van eikebome vanaf Bashan het hulle vir jou roeispane gemaak; hulle het jou dek van palmhout met ivoor vanaf die kuslande van Kitti ingelê.

7. Jou seil was van fyn geborduurde linne vanaf Mitzrayim sodat dit jou uitkennings teken geword het; jou sonskerm was blou en pers vanaf die kuslande van Elishah.

8. Die inwoners van Tzidon en Arvad was jou roeiers; jou wyse manne was aan boord, o Tzor, hulle was jou stuurmanne.

9. Die oudstes van G’val en haar wyse manne was by jou om jou some reg te maak; al die skepe van die see en hulle seemanne was by jou om met jou koopware handel te dryf.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 27