Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 27:13-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Yavan, Tubval en Meshekh, hulle was handelaars; hulle het vir jou ware betaal met die lewens van mense en houers van koper.

14. Hulle van Beit-Togarmah het perde, oorlogsperde en muile gegee vir jou ware.

15. Die seuns van D’dan was jou handelaars. Baie kuslande was jou mark; hulle het ivoortande en ebbehout as jou betaling gebring.

16. Aram was jou kliënt weens die menigte van jou goedere; hulle het vir jou ware met smaragte, purper, geborduurde werk, fyn linne, korale en robyne betaal.

17. Y’hudah en die land van Yisra’el, hulle was jou handelaars; met die koring van Minnit, koeke, heuning, olie en balsem het hulle vir jou ware betaal.

18. Dammesek was jou kliënt weens die oorvloed van jou goedere, weens die oorvloed van allerhande rykdom, weens die wyn van Helbon en wit wol.

19. Dan en Yavan het vir jou ware betaal vanaf Uzal; smee-yster, kassie (senna) en suikerriet was onder jou handelsware.

20. D’dan het met jou handel gedryf in saalklede om op te ry.

21. Arabië en al die prinse van K’dar was jou kliënte vir lammers, ramme en bokke; daarvoor was hulle jou kliënte.

22. Die handelaars van Sh’va en Ra’mah het met jou handel gedryf; hulle het vir jou ware met die beste van allerhande speserye, allerhande edelgesteentes en goud betaal.

23. Haran, Kanneh en `Eden, die handelaars van Sh’va, Ashur en Kilmad het met jou handel gedryf.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 27