Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 24:3-14 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. Vertel ’n vergelykende storie aan die rebelse huis en sê vir hulle: ‘So sê יהוה-God: “Sit die pot op, sit dit op en gooi ook water daarin;

4. sit die stukke daarin, elke goeie stuk, die boud en die blad; maak dit vol met die beste bene.

5. Vat die beste van die kleinvee en stapel ook hout onder die pot. Laat dit sterk kook; ook die bene moet daarin kook.”

6. יהוה-God sê daarom: “Wee die bloedige stad, in die pot waarin roes is en waarvan die roes nie afgegaan het nie. Haal stuk vir stuk daaruit; sonder om ’n keuse te maak,

7. want die stad se bloed is binne-in haar; sy het dit op ’n kaal rots neergesit; sy het dit nie op die grond uitgegooi om dit met stof toe te maak nie.

8. Ek het haar bloed op ’n kaal rots neergesit sodat dit toorn kan laat opkom om wraak te neem dat dit nie toegemaak kan word nie.”

9. יהוה-God sê daarom: “Wee die bloedige stad! Ék sal ook die stapel groot maak.

10. Stapel die hout op, steek die vuur aan, kook die vleis goed, meng die speserye in en laat die bene brand.

11. Laat dit dan leeg op sy kole staan dat dit warm kan wees en sy koper kan gloei en sy vuilheid kan smelt in hom, sy roes verteer word.

12. Sy het My moeg gemaak met ywer, nogtans het haar baie roes nie van haar af weggegaan nie; haar roes moet in die vuur!

13. Omdat jy jouself vuil gemaak het deur onsedelikheid en omdat Ek jou gereinig het, maar jy nie gereinig is van jou vuilheid nie, sal jy nie weer gereinig word totdat Ek My toorn op jou laat rus het nie.

14. Ek, יהוה, het gepraat; dit kom en Ek sal optree. Ek sal nie toegee nie, Ek sal nie jammer kry of berou hê nie; volgens jou lewenswyse en volgens jou optrede sal Ek jou oordeel,” verklaar יהוה-God.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 24