Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 24:1-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woord van יהוה het tot my gekom in die negende jaar, in die tiende maand, op die tiende van die maand en gesê:

2. “Seun van ’n mens, skryf vir jou die naam van die dag, hierdie selfde dag, neer. Die koning van Bavel het op hierdie selfde dag vir Yerushalayim beleër.

3. Vertel ’n vergelykende storie aan die rebelse huis en sê vir hulle: ‘So sê יהוה-God: “Sit die pot op, sit dit op en gooi ook water daarin;

4. sit die stukke daarin, elke goeie stuk, die boud en die blad; maak dit vol met die beste bene.

5. Vat die beste van die kleinvee en stapel ook hout onder die pot. Laat dit sterk kook; ook die bene moet daarin kook.”

6. יהוה-God sê daarom: “Wee die bloedige stad, in die pot waarin roes is en waarvan die roes nie afgegaan het nie. Haal stuk vir stuk daaruit; sonder om ’n keuse te maak,

7. want die stad se bloed is binne-in haar; sy het dit op ’n kaal rots neergesit; sy het dit nie op die grond uitgegooi om dit met stof toe te maak nie.

8. Ek het haar bloed op ’n kaal rots neergesit sodat dit toorn kan laat opkom om wraak te neem dat dit nie toegemaak kan word nie.”

9. יהוה-God sê daarom: “Wee die bloedige stad! Ék sal ook die stapel groot maak.

10. Stapel die hout op, steek die vuur aan, kook die vleis goed, meng die speserye in en laat die bene brand.

11. Laat dit dan leeg op sy kole staan dat dit warm kan wees en sy koper kan gloei en sy vuilheid kan smelt in hom, sy roes verteer word.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 24