Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 23:24-37 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. Hulle sal teen jou kom met wapens, strydwaens en waens en met ’n menigte van volke. Hulle sal hulleself rondom jou opstel met groot skilde, skilde en helms en Ek sal die oordeel aan hulle oorgee en hulle sal jou oordeel volgens hulle gewoonte.

25. Ek sal My jaloesie teen jou opstel dat hulle teen jou in toorn sal optree. Hulle sal jou neus en jou ore verwyder en jou oorlewendes sal deur die swaard val. Hulle sal jou seuns en jou dogters vat en jou oorlewendes sal deur vuur verteer word.

26. Hulle sal jou ook stroop van jou klere en jou pragtige juwele wegvat.

27. So sal Ek jou onkuisheid en jou hoerery vanaf die land van Mitzrayim laat ophou sodat jy nie meer jou oë sal oplig na hulle toe of Mitzrayim onthou nie,’

28. want so sê יהוה-God: ‘Let op, Ek sal jou oorgee in die hand van hulle wat jy haat, in die hand van hulle van wie jy vervreemd geraak het.

29. Hulle sal met jou handel in haat, al jou eiendom vat en jou naak en kaal laat staan. Die naaktheid van jou hoerery sal ontbloot word, beide jou onsedelikheid en jou hoererye.

30. Hierdie dinge sal aan jou gedoen word omdat jy hoereer het met die nasies en jouself met hulle afgode verontreinig het.

31. Jy het op die pad van jou suster geloop; daarom sal Ek haar beker in jou hand gee.’

32. So sê יהוה-God: ‘Jy sal jou suster se beker drink wat diep en wyd is. Daar sal vir jou gelag word en jy sal bespot word, want dit bevat baie.

33. Julle sal volgemaak word met dronkenskap en smart, die beker van afgryse en verlatenheid, die beker van jou suster, Shomron.

34. Jy sal dit drink en leegmaak; dan sal jy sy skerwe knaag en jou borste oopskeur, want Ek het dit gesê,’ verklaar יהוה-God.

35. יהוה-God sê daarom: ‘Omdat jy My vergeet het en My agter jou rug weggegooi het, dra nou die straf van jou onsedelikhede en jou hoererye.’”

36. יהוה het nog meer vir my gesê: “Seun van ’n mens, wil jy Oholah en Oholivah oordeel? Verklaar dan aan hulle hul verwerplikhede,Deut 18:10

37. want hulle het owerspel gepleeg en daar is bloed aan hulle hande. So het hulle owerspel gepleeg met hulle afgode en selfs hul seuns, waaraan hulle vir My geboorte gegee het, deur die vuur laat loop, as kos.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 23