Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 22:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Toe het die woord van יהוה tot my gekom en gesê:

2. “En jy, seun van ’n mens, wil jy oordeel, wil jy die bloedstad oordeel? Maak dan dat sy al haar verwerplikhede ken.

3. Jy moet sê: ‘So sê יהוה-God: “’n Stad wat bloed vergiet in haar midde sodat haar tyd kan kom en wat afgode teen haarself maak, tot ontering!

4. Deur die bloed wat jy vergiet het, het jy skuldig geword en deur jou afgode wat jy gemaak het, is jy verontreinig; so het jy jou dag verhaas en by jou jare gekom; daarom maak Ek jou tot ’n beskuldiging vir die nasies en ’n spot vir al die lande.

5. Die wat naby en die wat ver van jou af is, sal jou bespot, jy met ’n swak reputasie, vol verwarring!

6. Let op, die heersers van Yisra’el was in jou, elkeen volgens sy krag, was in jou met die doel om bloed te vergiet.

7. Hulle het vader en moeder in jou ligtelik behandel, die vreemdeling in jou onderdruk; die wees en die weduwee in jou onregverdig behandel.

8. Jy het My afgesonderde dinge geminag en My Shabbatte onteer.

9. Kwaadsprekers was daar in jou met die doel om bloed te vergiet en by jou het hulle op die bergplekke geëet en onkuishede in jou midde gedoen.

10. Hulle het die skaamte van die vader se naaktheid in jou ontbloot; in jou het hulle haar wat onrein was deur maandstondelike onreinheid, onteer.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 22