Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 21:24-32 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

24. daarom, so sê יהוה-God: ‘Omdat julle jul oortredinge in herinnering geroep het deurdat julle oortredinge openbaar word sodat julle sondes in al julle dade sigbaar kan word omdat julle onthou het, sal julle met die hand gegryp word.

25. Jy, neergeslaande, bose oortreder, prins van Yisra’el, wie se dag gekom het in die tyd van die straf aan die einde,’

26. so sê יהוה-God: ‘Verwyder die tulband en haal die kroon af; hierdie sal nie langer dieselfde wees nie. Verhoog die wat laag is en verlaag die trotses!

27. ’n Puinhoop, ’n puinhoop, ’n puinhoop sal Ek dit maak. Hierdie sal ook nie meer wees nie totdat Hy kom Wie se reg dit is en Ek sal dit aan Hom gee.’

28. Jy, seun van ’n mens, profeteer en sê: ‘So sê יהוה-God aangaande die seuns van `Ammon en hulle spottery: ‘’n Swaard, ’n swaard is getrek, gepoleer vir die slagting om dit te laat verteer sodat dit soos weerlig kan wees;

29. terwyl hulle vir jou valse visioene sien, terwyl hulle vir jou leuens voorspel, om jou op die nekke van die bose oortreder te sit wat neergeslaan is, wie se dag gekom het in die tyd van die straf van die einde!

30. Steek dit terug in die skede. In die plek waar jy geskape is, in die land van jou oorsprong, sal Ek jou oordeel.

31. Ek sal oor jou My verontwaardiging uitgiet; Ek sal op jou blaas met die vuur van My toorn en jou oorgee in die hand van brutale manne, bekwaam in vernietiging.

32. Jy sal brandstof wees vir die vuur; jou bloed sal in die land wees; jy sal nie onthou word nie, want Ek, יהוה, het gepraat.’”

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 21