Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 13:15-23 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. So sal Ek My toorn laat uitwoed op die muur en op hulle wat dit met kalk oorgepleister het en Ek sal vir julle sê: ‘Die muur is weg en sy pleisteraars,

16. die profete van Yisra’el wat profeteer vir Yerushalayim en wat visioene sien van vrede, wanneer daar geen vrede is nie, is weg,’ verklaar יהוה-God.

17. Nou jy, seun van ’n mens, draai jou gesig teen die dogters van jou volk wat profeteer vanuit hulle eie inspirasie. Profeteer teen hulle

18. en sê: ‘So sê יהוה-God: “Wee die vroue wat armbande borduur en bedekkings maak oor die kop van alle mense, groot en klein, om lewens te vang. Sal julle die lewens van My volk jag en julle eie lewens red?

19. Julle het My onteer by My volk vir hande vol gars en stukkies brood om sommiges wat nie moes sterf nie dood te maak en om ander in die lewe te hou wat nie moes geleef het nie, deur julle leuens aan My volk wat luister na leuens.”’”

20. יהוה-God sê daarom: “Let op, Ek is teen julle borduurde klere waarmee julle lewens jag en Ek sal hulle van julle arms afskeur en Ek sal hulle laat gaan, selfs daardie lewens wat julle jag en hulle laat vlieg.

21. Ek sal ook julle sluiers afskeur en My volk uit julle hand bevry en hulle sal nie langer in julle hand wees om gejag te word nie en julle sal weet dat Ek יהוה is.

22. Omdat julle die onpartydige opregte mismoedig gemaak het met valsheid wanneer Ek hom geen droefheid aangedoen het nie, maar die bose oortreder aangemoedig het om nie van sy bose pad weg te draai en sy lewe te behou nie;

23. daarom sal julle vrouens geen vals visioene meer sien en geen waarsêery bedryf nie en Ek sal My volk uit julle hand bevry. So sal julle weet dat Ek יהוה is.”

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 13