Ou Testament

Nuwe Testament

Yegezk'el 1:2-6 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Op die vyfde van die maand, in die vyfde jaar van die ballingskap van koning Y’hoyakhin,

3. het die woord van יהוה uitdruklik tot Yegezk’el, die priester, die seun van Buzi, gekom in die land van die Kasdeërs, by die K’varrivier en daar het die hand van יהוה op hom gekom.

4. Terwyl ek kyk, let op, het ’n stormwind uit die noorde gekom, ’n groot wolk met aanhoudende flitsende vuur en ’n helder lig rondom dit en in die middel daarvan, iets soos gloeiende metaal, binne-in die vuur.

5. Binne-in dit was figure wat gelyk het soos vier lewende wesens en dit was hulle voorkoms: hulle het ’n menslike vorm gehad.

6. Elkeen van hulle het vier gesigte en vier vlerke gehad.

Lees volledige hoofstuk Yegezk'el 1