Ou Testament

Nuwe Testament

Tz'fanyah 2:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Maak julleself bymekaar, ja kom bymekaar, o nasie sonder skaamte,

2. voordat die bevel effektief word; die dag gaan verby soos kaf; voordat die brandende woede van יהוה oor julle kom, voordat die dag van die woede van יהוה oor julle kom.

3. Soek יהוה, al julle nederiges van die aarde, wat regverdige oordeel uitgevoer het; soek onpartydige opregtheid, soek nederigheid. Miskien sal julle skuiling vind op die dag van יהוה se woede,

4. want `Azah sal in die steek gelaat word en Ashkelon ’n verlatenheid wees; Ashdod sal op die middag uitgedryf word en Ekron sal ontwortel word.

5. Wee die inwoners van die kusstreek, die nasie van die K’retiërs! Die boodskap van יהוה is teen julle, Kena’an, land van die F’lishtyne en Ek sal jou vernietig sodat daar geen inwoner sal wees nie.

Lees volledige hoofstuk Tz'fanyah 2