hoofstukke

  1. 1
  2. 2
  3. 3

Ou Testament

Nuwe Testament

Tz'fanyah 1 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die boodskap van יהוה wat gekom het tot Tz’fanyah, die seun van Kushi, die seun van G’dalyah, die seun van Amaryah, die seun van Hizkiyah, in die dae van Yoshiyahu, die seun van Amon, koning van Y’hudah:

2. “Ek sal alles volkome van die aardbodem af verwyder,” verklaar יהוה.

3. Ek sal mens en dier verwyder; Ek sal die voëls van die hemel, die visse van die see en die wat geval het saam met die goddelose verwyder en Ek sal die mens afsny van die oppervlak van die aarde af,” verklaar יהוה.

4. So sal Ek My hand uitstrek teen Y’hudah en teen al die inwoners van Yerushalayim. Ek sal ook die wat van Ba’al oorbly afsny van hierdie plek, sowel as die naam van die priesters in beheer saam met die priesters.

5. Dié wat op die dakke neerbuig tot die magte van die hemel en die wat neerbuig en sweer by יהוה en by Malkam;

6. ook dié wat daarvan weggedraai het om יהוה te volg en wat nie na יהוה soek of Hom raadpleeg nie.1 Thes 5:2

7. Swyg voor יהוה-God, want die dag van יהוה is naby, want יהוה het ’n offer voorberei, Hy het Sy gaste afgesonder,

8. dan sal dit gebeur op die dag van יהוה se offer dat Ek die prinse, die koning se seuns en almal wat vreemde klere aantrek, sal straf.

9. Ek sal ook op dié dag almal wat geweld pleeg, wat die huis van hulle Meester vul met dinge wat verkry is deur afpersing en geweld, straf.

10. Op daardie dag,” verklaar יהוה, “sal daar vanaf die Vispoort die klank van ’n uitroep wees, ’n gehuil vanaf die Tweedepoort en ’n groot geraas vanaf die heuwels!

11. Huil, o inwoners van die Laagte, want al die mense van Kena’an sal stilgemaak word; almal wat silwer afweeg sal afgesny word.

12. Dit sal in dié tyd gebeur dat Ek Yerushalayim sal deursoek met lampe en die manne wat stagnant van gees is, wat in hulle verstand, wil en emosie sê: ‘יהוה sal nie goed of boos doen nie, straf.’

13. Meer nog, hulle rykdom sal plunder word en hulle huise verlate; ja, hulle sal huise bou, maar nie in hulle woon nie en wingerde plant, maar nie hulle wyn drink nie.”1 Thes 5:2

14. Naby is die groot dag van יהוה; dit is naby en haas hom; selfs die stem van die dag van יהוה! Ja, dit is bitter, erg en hard.

15. Dié dag is ’n dag van toorn, ’n dag van benoudheid en angs, ’n dag van verwoesting en verlatenheid, ’n dag van duisternis en donkerheid, ’n dag van wolke en dik donkerheid,

16. ’n dag van ramshorings en krygsgeskreeu teen die versterkte stede en teen die hoë hoektorings.

17. Ek sal benoudheid op mense bring sodat hulle soos blindes sal loop omdat hulle teen יהוה gesondig het en hulle bloed sal uitgegooi word soos stof en hulle vlees soos drek.Open 6:17

18. Nie hulle silwer of hulle goud sal in staat wees om hulle op die dag van die toorn van יהוה te red nie en die ganse aarde sal verteer word in die vuur van Sy jaloesie, want Hy sal ’n volkome einde maak, inderdaad ’n verskriklike een, aan al die inwoners van die aarde.