Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 9:2-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Sy het haar vee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel voorberei.

3. Sy het haar diensmeisies uitgestuur om op die hoogste plekke uit te roep en te sê:

4. “Wie eenvoudig is, laat hom na my toe kom;” vir wie insig kortkom sê sy:

5. “Kom, eet van my brood en drink van die wyn wat ek gemeng het;

6. laat staan die eenvoudigheid en lewe en gaan op die pad van insig.”

7. Teregwysing van ’n spotter bring oneer; die bose word bestraf deur sy eie vlekke.

8. Moenie ’n spotter bestraf nie, anders haat hy jou; bestraf ’n wyse en hy sal jou liefhê.

9. Gee ’n geleentheid aan die wyse en hy sal nog wyser word; leer die regverdige en hy sal kennis vermeerder.

10. Die respekvolle vrees vir יהוה is die begin van wysheid en die kennis aangaande die Afgesonderde is insig,

11. want deur haar sal jou dae vermeerder word en die jare van jou lewe sal vermeerder word.

12. My seun, as jy wys is, is jy wys vir jouself en vir jou vriende, maar as jy bose gedagtes het, sal jy alleen jou booshede dra.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 9