Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 9:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Wysheid het haar huis gebou en sewe pilare daarin opgestel.

2. Sy het haar vee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel voorberei.

3. Sy het haar diensmeisies uitgestuur om op die hoogste plekke uit te roep en te sê:

4. “Wie eenvoudig is, laat hom na my toe kom;” vir wie insig kortkom sê sy:

5. “Kom, eet van my brood en drink van die wyn wat ek gemeng het;

6. laat staan die eenvoudigheid en lewe en gaan op die pad van insig.”

7. Teregwysing van ’n spotter bring oneer; die bose word bestraf deur sy eie vlekke.

8. Moenie ’n spotter bestraf nie, anders haat hy jou; bestraf ’n wyse en hy sal jou liefhê.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 9