Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 7:2-13 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. onderhou my opdragte en my wet soos die pupil van jou oog en lewe.

3. Bind hulle om jou nek, skryf hulle op die tafel van jou verstand, wil en emosie.

4. Sê aan die wysheid: “Jy is my suster” en aan insig: “Jy is my raadgewer”

5. sodat hulle jou kan bewaar teen die vreemde vrou, van die vreemdeling, wat vlei met haar woorde,

6. want sy het deur die venster van haar huis en vanaf die balkon uitgekyk

7. en sy het vir jongmanne gekyk, sy het onder die jeug verken en ’n verstandelose jongman opgemerk,

8. wat op die straat verbygaan naby die hoek van haar huis,

9. in die skemer, in die aand, in die swart en donker nag.

10. Let op, daar kom ’n vrou uit, soos ’n hoer aangetrek om een van hulle te ontmoet, ’n vrou wat die binneste van jong manne laat fladder.

11. Sy is rebels en vraatsugtig, haar voete bly nie in haar huis nie,

12. maar sy loop buitekant rond, nou buite in die strate, nou staan sy en wag op die hoeke.

13. Sy het hom gegryp, hom gesoen en met ’n onbeskaamde gesig vir hom gesê:

Lees volledige hoofstuk Spreuke 7