Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 7:13-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

13. Sy het hom gegryp, hom gesoen en met ’n onbeskaamde gesig vir hom gesê:

14. “Vandag het ek my geloftes betaal. Ek het vredesoffers by my;

15. daarom het ek uitgekom om jou te ontmoet, want ek het gewag om jou te sien en nou het ek jou gekry.

16. Ek het my bed op ’n mat opgemaak, dit met fyn linne uit Mitzrayim bedek;

17. ek het my bed geparfumeer met mirre, aalwyn en kaneel;

18. kom, laat ons versadig word van liefde tot die oggend toe, laat ons mekaar omarm met passie,

19. want my man is nie tuis nie, hy het op ’n lang reis gegaan,

20. hy het ’n geldsak saam met hom gevat en dit sal lank wees voordat hy huis toe kom.”

21. Sy het hom verlei deur baie mooipraatjies, deur die vleiery van haar lippe het sy hom forseer.

22. Hy loop agter haar aan soos ’n klein kindjie, soos ’n bees wat na die slagpaal gaan en soos ’n hond wat gemuilband word,

23. soos ’n bok as sy lewer deur die pyl gekloof word; soos ’n voël hom haas na die vangnet en hy nie weet dat hy na sy dood toe gaan nie;

24. daarom nou, my seuns, luister na my en doen dit en gee aandag aan die woorde van my mond.

25. Laat jou verstand, wil en emosie nie afwyk agter haar lewenswyse aan nie, dwaal nie af op haar paaie nie,

26. want sy het baie gewondes neergegooi, ja, baie magtige manne is deur haar vermoor.

27. Die pad na haar huis is die pad na Sh’ol, wat afgaan na die kamers van die dood.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 7