Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 7:12-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. maar sy loop buitekant rond, nou buite in die strate, nou staan sy en wag op die hoeke.

13. Sy het hom gegryp, hom gesoen en met ’n onbeskaamde gesig vir hom gesê:

14. “Vandag het ek my geloftes betaal. Ek het vredesoffers by my;

15. daarom het ek uitgekom om jou te ontmoet, want ek het gewag om jou te sien en nou het ek jou gekry.

16. Ek het my bed op ’n mat opgemaak, dit met fyn linne uit Mitzrayim bedek;

17. ek het my bed geparfumeer met mirre, aalwyn en kaneel;

18. kom, laat ons versadig word van liefde tot die oggend toe, laat ons mekaar omarm met passie,

19. want my man is nie tuis nie, hy het op ’n lang reis gegaan,

20. hy het ’n geldsak saam met hom gevat en dit sal lank wees voordat hy huis toe kom.”

21. Sy het hom verlei deur baie mooipraatjies, deur die vleiery van haar lippe het sy hom forseer.

22. Hy loop agter haar aan soos ’n klein kindjie, soos ’n bees wat na die slagpaal gaan en soos ’n hond wat gemuilband word,

Lees volledige hoofstuk Spreuke 7