Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 7:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. My seun, onderhou my boodskappe en bewaar my opdragte in jou;

2. onderhou my opdragte en my wet soos die pupil van jou oog en lewe.

3. Bind hulle om jou nek, skryf hulle op die tafel van jou verstand, wil en emosie.

4. Sê aan die wysheid: “Jy is my suster” en aan insig: “Jy is my raadgewer”

5. sodat hulle jou kan bewaar teen die vreemde vrou, van die vreemdeling, wat vlei met haar woorde,

6. want sy het deur die venster van haar huis en vanaf die balkon uitgekyk

7. en sy het vir jongmanne gekyk, sy het onder die jeug verken en ’n verstandelose jongman opgemerk,

8. wat op die straat verbygaan naby die hoek van haar huis,

Lees volledige hoofstuk Spreuke 7