Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 5:18-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

18. Mag jou fontein geseënd wees en verheug jou in die vrou van jou jeug.

19. Laat haar wees soos ’n liefdevolle bokooitjie en ’n aangename Ibex ooi; laat haar borste jou altyd tevrede stel en wees altyd bekoor deur haar liefde.

20. My seun, moenie mislei word deur ’n vreemde vrou, of die borste van ’n vreemde vrou omhels nie,

21. want elke mens se lewenswyse is voor die oë van יהוה en al sy paaie lê oop voor Sy Teenwoordigheid.

22. Die bose sal gevang word deur sy eie oortredinge en hy sal deur die bande van sy sonde vasgebind word.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 5