Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 5:14-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

14. Ek was in amper alle soorte boosheid te midde van die vergadering en die gemeente.

15. Drink water uit jou eie put en lopende water uit jou eie fontein.Spr 10:11

16. Laat jou water oorloop in jou strate, laat dit na buite versprei.

17. Laat dit net vir jou alleen wees, laat vreemdelinge nie met jou deel nie.

18. Mag jou fontein geseënd wees en verheug jou in die vrou van jou jeug.

19. Laat haar wees soos ’n liefdevolle bokooitjie en ’n aangename Ibex ooi; laat haar borste jou altyd tevrede stel en wees altyd bekoor deur haar liefde.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 5