Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 5:12-20 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

12. en jy sê: “Hoekom het ek instruksies gehaat en my verstand, wil en emosie teregwysing verag

13. en hoekom het ek nie geluister na die stem van my onderwyser, of my oor gedraai na hulle wat vir my instruksies gegee het nie!

14. Ek was in amper alle soorte boosheid te midde van die vergadering en die gemeente.

15. Drink water uit jou eie put en lopende water uit jou eie fontein.Spr 10:11

16. Laat jou water oorloop in jou strate, laat dit na buite versprei.

17. Laat dit net vir jou alleen wees, laat vreemdelinge nie met jou deel nie.

18. Mag jou fontein geseënd wees en verheug jou in die vrou van jou jeug.

19. Laat haar wees soos ’n liefdevolle bokooitjie en ’n aangename Ibex ooi; laat haar borste jou altyd tevrede stel en wees altyd bekoor deur haar liefde.

20. My seun, moenie mislei word deur ’n vreemde vrou, of die borste van ’n vreemde vrou omhels nie,

Lees volledige hoofstuk Spreuke 5