Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 31:5-12 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

5. sodat jy nie drink en die wet vergeet en die regverdige oordeel van die geteisterdes nalaat, nie.

6. Gee sterk drank aan hulle wat besig is om te vergaan en wyn aan hulle wat ’n bitter lewe het

7. sodat hulle mag drink en hul smarte vergeet en hulle swaarkry nie meer onthou nie.

8. Maak jou mond oop met woorde van waarheid en oordeel al die seuns van die bose.

9. Maak jou mond oop, oordeel regverdig en bepleit die saak van die arme en die behoeftige.

10. Wie sal ’n ywerige vrou vind, want haar waarde is ver bo robyne?

11. Die verstand, wil en emosie van haar man vertrou in veiligheid in haar en haar kosvoorraad word nooit minder nie.

12. Sy doen goed aan hom en nie boos nie, al die dae van haar lewe.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 31