Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 31:11-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Die verstand, wil en emosie van haar man vertrou in veiligheid in haar en haar kosvoorraad word nooit minder nie.

12. Sy doen goed aan hom en nie boos nie, al die dae van haar lewe.

13. Sy soek na wol en linne en werk gewilliglik met haar hande.

14. Sy is soos die handelaar se skip; sy bring haar handelsware van ver af in.

15. Sy staan ook op terwyl dit nog nag is en gee aan haar huisgesin kos en aan haar diensmeisies werk.

16. Sy ondersoek ’n stuk grond en koop dit; van die vrug van haar hande plant sy ’n wingerd.

17. Sy bind haar middel vas met krag en versterk haar arms.

18. Sy sien dat haar handelsware goed is, haar lamp gaan reg deur die nag nie uit nie.

19. Sy steek haar hande gretiglik uit en sit haar hande op die spinwiel.

20. Sy steek haar hande uit na die armes, ja, sy steek haar hande uit na die behoeftiges.

21. Die lede van haar huishouding is nie bang vir sneeu nie, want almal van hulle is in skarlaken stof aangetrek.

22. Sy maak vir haarself ’n bedekking van tapisserie, haar klere is van sy en purper.

23. Haar man is bekend in die stede, wanneer hy saam met die oudstes van die land sit.

24. Sy maak fyn linne en verkoop dit; sy voorsien gordels aan die handelaars.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 31