Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 31:1-8 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die woorde van Mu’el, koning en profeet, waarmee sy moeder hom geleer het:

2. o, my seun; o, seun van my baarmoeder; o, seun van my geloftes!

3. Gee nie jou krag aan vroue of jou lewenswyse aan die uitspattigheid van konings nie.

4. Vir konings, o Mu’el, wees versigtig vir konings wat wyn drink en vir prinse wat sterk drank drink

5. sodat jy nie drink en die wet vergeet en die regverdige oordeel van die geteisterdes nalaat, nie.

6. Gee sterk drank aan hulle wat besig is om te vergaan en wyn aan hulle wat ’n bitter lewe het

7. sodat hulle mag drink en hul smarte vergeet en hulle swaarkry nie meer onthou nie.

8. Maak jou mond oop met woorde van waarheid en oordeel al die seuns van die bose.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 31