Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 30:8-19 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. verwyder sinnelose boosheid en leuens ver van my af; gee vir my nie armoede of rykdom nie, gee vir my voldoende lewe

9. sodat ek nie, as ek versadig is, lieg en sê: “Wie is יהוה,” of as ek arm is en steel, die Naam (Karakter en Outoriteit) van my God verkeerd gebruik, nie.

10. Moenie ’n slaaf oorgee aan sy meester nie sodat hy jou nie vloek en jy skuldig bevind word nie.

11. Daar is ’n geslag wat hulle vaders vervloek en hulle moeders nie seën nie,

12. ’n geslag wat rein is in hulle eie oë en tog nie van hulle vuilheid gewas is nie;

13. ’n geslag; hoe trots is hulle oë en hoe hoog is hul ooglede opgetrek!

14. ’n Geslag wie se tande soos swaarde is, hulle tande is soos messe, om die armes van die aarde af te verteer en die behoeftiges van tussen die mense.

15. Die bloedsuier het drie dogters, daar is drie dinge wat nooit versadig word nie; ja, ’n vierde wat nooit sê: “Dit is genoeg,” nie:

16. Sh’ol en die onvrugbare baarmoeder, die aarde wat nie bevredig word met water nie en die vuur wat nooit sê: “Dit is genoeg,” nie!

17. Die oog wat spot met sy vader en die ouderdom van sy moeder verag, sal deur die kraaie van die vallei uitgepik word en die jong aasvoëls sal dit eet.

18. Daar is drie dinge wat vir my weggesteek is, ja, vier wat ek nie ken nie:

19. die manier van die arend in die lug, die manier van ’n slang op ’n rots, die manier van ’n skip in die middel van die see en die manier van ’n man in sy jeug.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 30