Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 3:8-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.

9. Vereer יהוה met jou besittings en met die eerste vrugte van al jou inkomste

10. en jou skure sal vol gemaak word met oorvloed en jou parskuipe sal oop bars van nuwe wyn.

11. My seun, verag nie die tug van יהוה nie en moenie vermoeid word met Sy teregwysing nie,Heb 12:6

12. want יהוה wys hulle tereg wat Hy liefhet, soos ’n vader sy seun teregwys.

13. Geseënd is die mens wat wysheid gevind het en die seun van die mens wat insig vind,

14. want die wins daarvan is beter as dié van silwer en die winste beter as van fyn goud.

15. Dit is meer waardevol as kosbare stene en daar is niks om daarmee te vergelyk nie.

16. In haar regterhand is lengte van dae, in haar linkerhand rykdom en eer;

17. haar lewenswyse is aangenaam en al haar paaie is vrede.Gen 2:9; Open 2:7; Open 22:14

18. Dit is ’n boom van lewe vir die wat dit onveranderlik aangryp en geseënd is hulle wat daarvoor wag.

19. יהוה het deur Sy wysheid die aarde gevestig, deur Sy insig die hemele vasgestel;

20. deur Sy kennis is die dieptes oopgebreek en het die wolke dou gedrup.

21. My seun, laat My opdragte nie uit jou oë wyk nie, bewaar suiwer wysheid en onderskeiding,

22. dan sal dit lewe wees vir jou en liefdevolle goedheid vir jou nek,

Lees volledige hoofstuk Spreuke 3