Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 3:30-35 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

30. Moenie met iemand sonder rede twis as hy jou geen kwaad aangedoen het nie.

31. Moenie jaloers wees op ’n man van geweld nie en kies geeneen van sy lewenswyses nie,Mat 10:26; Mat 13:11

32. want die bose is ’n verwerplikheid in die Teenwoordigheid van יהוה, maar die geheime van יהוה is by die opregtes.

33. Die vloek van יהוה is in die huis van die bose, maar Hy seën die blyplek van die regverdiges.1 Kef 5:5

34. Sekerlik verag Hy spotters, maar Hy het liefdevolle omgee vir die wyse.

35. Die wyse sal lof en eer erf, maar die dwase sal skande ontvang.Deut 6:4

Lees volledige hoofstuk Spreuke 3