Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 3:2-11 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. want dit sal lengte van dae en lang lewe vir jou byvoegDeut 11:18-20; Yir 31:31-33

3. en liefde, goedheid en waarheid sal jou nie verlaat nie; bind dit om jou nek, skryf dit op die tafels van jou verstand, wil en emosie,Luk 2:40,52

4. dan sal jy onverdiende guns vind en insig in die oë van God en die mense.Ya’a 1:3

5. Vertrou op יהוה met jou hele verstand, wil en emosie en maak nie staat op jou eie wysheid nie.

6. Erken Hom in al jou lewenswyses, dan sal Hy jou paaie rig.

7. Moenie wys wees in jou eie oë nie; vrees יהוה respekvol en gaan weg van boosheid af.

8. Dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.

9. Vereer יהוה met jou besittings en met die eerste vrugte van al jou inkomste

10. en jou skure sal vol gemaak word met oorvloed en jou parskuipe sal oop bars van nuwe wyn.

11. My seun, verag nie die tug van יהוה nie en moenie vermoeid word met Sy teregwysing nie,Heb 12:6

Lees volledige hoofstuk Spreuke 3