Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 3:16-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

16. In haar regterhand is lengte van dae, in haar linkerhand rykdom en eer;

17. haar lewenswyse is aangenaam en al haar paaie is vrede.Gen 2:9; Open 2:7; Open 22:14

18. Dit is ’n boom van lewe vir die wat dit onveranderlik aangryp en geseënd is hulle wat daarvoor wag.

19. יהוה het deur Sy wysheid die aarde gevestig, deur Sy insig die hemele vasgestel;

20. deur Sy kennis is die dieptes oopgebreek en het die wolke dou gedrup.

21. My seun, laat My opdragte nie uit jou oë wyk nie, bewaar suiwer wysheid en onderskeiding,

22. dan sal dit lewe wees vir jou en liefdevolle goedheid vir jou nek,

23. dan sal jy op jou pad loop met versekerde verwagting en jou voet sal nie struikel nie.

24. Wanneer jy gaan lê, sal jy nie bang wees nie, ja, jy sal gaan lê en jou slaap sal soet wees.

25. Jy sal nie bang wees vir ’n skielike opskudding of vir die geweld van die bose, wanneer dit kom, nie,

26. want יהוה sal by jou wees en jou voet bewaar van die strik.

27. Moenie weier om te doen wat goed is, as dit in jou hand is om dit te doen nie.

28. Wanneer jy iets het, moenie vir jou naaste sê: “Gaan en kom weer môre terug, dan sal ek dit vir jou gee,” nie,

29. Moenie boosheid teen jou naaste beplan nie, aangesien hy in vrede langs jou bly.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 3