Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 28:19-26 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

19. Hy wat die land omploeg, sal ’n oorvloed van brood hê, maar hy wat agter nietighede aanjaag, sal volop armoede hê.

20. ’n Betroubare man het uitermatige seëninge, maar ’n bose man sal nie onskuldig wees nie.

21. ’n Man wat partydigheid wys, is nie goed nie; vir ’n stukkie brood sal ’n man ’n verraaier word.

22. Hy wat hom haas om ryk te word het ’n bose oog (suinig) en dink nie daaraan dat armoede oor hom sal kom nie.

23. Hy wat ’n mens teregwys, sal agterna meer guns vind, as hy wat vlei met sy tong.

24. Hy wat sy vader of sy moeder beroof en sê: “Dit is geen oortreding nie,” hy is die metgesel van ’n bose man.

25. Die hebsugtige verwek twis, maar hy wat sy vertroue op יהוה plaas, sal verryk word.

26. Hy wat op sy eie verstand, wil en emosie vertrou, is ’n dwaas, maar hy wat in integriteit leef, sal bevry word.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 28