Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 28:15-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

15. Soos ’n brullende leeu en ’n honger beer, so is ’n bose heerser oor die armes.

16. ’n Heerser wat ’n gebrek het aan insig, is ook ’n groot onderdrukker, maar hy wat bedrog haat, sal sy lewe verleng.

17. ’n Mens wat betrokke is by bloedvergieting sal selfs na die put toe vlug en niemand sal hom help nie.

18. Hy wat opreg lewe, sal gered word, maar hy wat pervers is in sy lewenswyse, sal in ’n put val.

19. Hy wat die land omploeg, sal ’n oorvloed van brood hê, maar hy wat agter nietighede aanjaag, sal volop armoede hê.

20. ’n Betroubare man het uitermatige seëninge, maar ’n bose man sal nie onskuldig wees nie.

21. ’n Man wat partydigheid wys, is nie goed nie; vir ’n stukkie brood sal ’n man ’n verraaier word.

22. Hy wat hom haas om ryk te word het ’n bose oog (suinig) en dink nie daaraan dat armoede oor hom sal kom nie.

23. Hy wat ’n mens teregwys, sal agterna meer guns vind, as hy wat vlei met sy tong.

24. Hy wat sy vader of sy moeder beroof en sê: “Dit is geen oortreding nie,” hy is die metgesel van ’n bose man.

25. Die hebsugtige verwek twis, maar hy wat sy vertroue op יהוה plaas, sal verryk word.

26. Hy wat op sy eie verstand, wil en emosie vertrou, is ’n dwaas, maar hy wat in integriteit leef, sal bevry word.

27. Hy wat aan die arme gee, sal nie gebrek ly nie, maar hy wat sy oë wegdraai van die behoeftige, sal baie vloeke ontvang.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 28