Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 27:4-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Toorn is wreed en woede is wreed, maar wie kan voor jaloesie staan?

5. Openlike teregwysing is beter as bedrieglike vriendskap.

6. Die wonde van ’n vriend is beter as die soene van ’n vyand.

7. ’n Persoon wat versadig is, verafsku die heuningkoek, maar vir ’n honger persoon is selfs wat bitter is, soet.

8. Soos ’n voël wat ver van sy nes af vlieg, so is ’n man wat van sy tuiste af weggevat word.

9. Soos olie en reukwater die gevoelens verbly, so ook die soetheid van ’n vriend deur opregte raad.

10. Moenie jou vriend en die vriend van jou vader in die steek laat nie en kom nie in die huis van jou broer op die dag van jou katastrofe nie, want ’n buurman wat naby is, is beter as ’n broer wat ver is.

11. Wees wys, my seun en verbly my binneste en verwyder van my die beskuldigings van hulle wat my beskuldig.

12. ’n Man met onderskeiding voorsien die boosheid en steek homself weg, maar die dwaas gaan aan en ly skade.

13. Die een wat borg staan vir ’n vreemdeling, se kleed sal van hom af weggevat word en as pand vir ’n vreemdeling gehou word.

14. Hy wat sy vriend met ’n vleiende harde stem seën, is nie verskillend van hom wat vloek nie.

15. Soos ’n aanhoudende gedrup op ’n reënerige dag, so is ’n twisgierige vrou.

16. Die Noordewind is hard, maar dit word die regte wind genoem.

17. Yster slyp yster, so verlig ’n man die gesig van sy vriend.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 27