Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 26:3-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

3. ’n Sweep is vir ’n perd, ’n toom vir ’n donkie en ’n lat vir die rug van ’n dwaas.

4. Moenie ’n dwaas antwoord volgens sy dwaasheid nie sodat jy nie ook net soos hy word nie,

5. maar antwoord ’n dwaas volgens jou wysheid sodat hy nie in homself dink dat hy wys is nie.

6. Hy wat ’n boodskap stuur deur die hand van ’n dwaas, kap sy eie voete af met pyn.

7. Soos ’n lam man wat nie kan loop nie, so is ’n vergelykende storie in die mond van ’n dwaas.

8. Soos ’n klip in ’n slingervel, so is hy wat eer gee aan ’n dwaas.

9. Dorings spring op in die hand van ’n dronkaard en dwaasheid in die mond van die dwaas.

10. Die liggaam van ’n dwaas word baie geteister en ’n dronkaard dink dat hy ’n see kan oorgaan.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 26