Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 26:21-28 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Soos kole is vir gloeiende kole en hout vir vuur, so is ’n twisgierige man om stryd aan te hits.

22. Die woorde van ’n twisgierige stook moeilikheid op, hulle gaan af tot in die binneste van die verstand, wil en emosie.

23. Soos silwer skuim wat aan ’n kleipot vassit, so is woedende lippe en ’n bose verstand, wil en emosie.

24. Hy wat haat, is bekend deur sy eie lippe; in sy binneste koester hy bedrog.

25. Alhoewel hy met ’n sagte toon praat, vertrou hom nie, want daar is sewe verwerplikhede in sy verstand, wil en emosie.

26. Hy wat haat in sy binneste wegsteek se boosheid sal in die vergadering openbaar word.

27. Hy wat ’n put grawe, sal daarin val en hy wat ’n klip rol, dit sal op hom terugkom.

28. ’n Leuenagtige tong haat die waarheid en ’n moeilikheidmakende mond wek stryd op.Ya’a 4:14 want jy weet nie wat ’n dag kan voortbring nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 26