Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 26:1-5 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Soos sneeu in die somer en soos reën in die oestyd, so is eer nie toepaslik op ’n dwaas nie.

2. Soos die voëls en die swaweltjies rondvlieg in die lug, so sal die vervloeking sonder oorsaak weggedryf word.

3. ’n Sweep is vir ’n perd, ’n toom vir ’n donkie en ’n lat vir die rug van ’n dwaas.

4. Moenie ’n dwaas antwoord volgens sy dwaasheid nie sodat jy nie ook net soos hy word nie,

5. maar antwoord ’n dwaas volgens jou wysheid sodat hy nie in homself dink dat hy wys is nie.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 26