Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 24:8-24 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

8. Hy wat beplan om boos te doen, sal boos genoem word.

9. Die gedagtes van die dwaas is sonde en boosheid is ’n verwerplikheid vir die mens.

10. Die bose sal weggedryf word deur boosheid in die dag van pyniging.

11. Bevry hulle wat weggesleep word na die dood en moenie terughou om hulle wat gevange gehou word om doodgemaak te word, los te koop nie!Ps 62:13; Iyov 34:11; Rom 2:6 Weet dit, dit is Hy wat jou lewe bewaak.

12. As jy sê: “Let op, ons het dit nie geweet nie,” weet dan, dit is God wat die gedagtes toets en sal aan elke man gee volgens sy dade.Ps 19:11; Ps 119:103

13. Eet heuning, my seun, want dit is goed en die heuningkoek, wat soet is vir jou smaak.

14. So sal wysheid jou lewe vind en jy sal goeie vooruitsigte hê en jou versekerde verwagting sal nie afgesny word nie.

15. Moenie planne van onreg maak in die huis van die regverdige nie; moenie sy rusplek bederf nie,

16. want die regverdige man val sewe maal en staan weer op, maar die bose val in sy boosheid.

17. Moet jou nie verheug wanneer jou vyand val nie en laat jou binneste nie bly wees wanneer hy oorval word nie

18. dat יהוה dit nie sien en dit Hom nie tevrede stel nie en Hy Sy woede van hom af wegdraai nie.

19. Moet boosdoeners nie beny of jaloers wees op die bose nie,

20. want die boosdoener het geen toekoms nie en die lamp van die bose sal uitgedoof word.

21. My seun, vrees יהוה respekvol en gee goeie raad en meng nie met die dwase nie,

22. want hulle katastrofe sal skielik kom en wie ken die einde van hulle jare?

23. Hierdie dinge sê ek vir die wyse: “Dit is nie goed om partydig te wees in oordeel nie

24. of om vir die bose man te sê: ‘Jy is regverdig,’ nie; die volke sal hom vervloek en die nasies sal hom verag,

Lees volledige hoofstuk Spreuke 24