Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 24:22-34 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

22. want hulle katastrofe sal skielik kom en wie ken die einde van hulle jare?

23. Hierdie dinge sê ek vir die wyse: “Dit is nie goed om partydig te wees in oordeel nie

24. of om vir die bose man te sê: ‘Jy is regverdig,’ nie; die volke sal hom vervloek en die nasies sal hom verag,

25. maar hulle wat hom bestraf sal tevredenheid hê en ’n goeie seën sal oor hulle kom.”

26. Die mense sal die lippe soen van hom wat vermaning gee.

27. Berei jou werk buitekant voor en maak dit gereed in die land en bou daarna jou huis.

28. Moenie ’n vals getuie teen jou naaste wees nie en moet hom nie mislei met jou lippe nie.

29. Moenie sê: “Soos hy aan my gedoen het, so sal ek aan hom doen; ek sal aan hom gee volgens sy dade,” nie.

30. Ek het by die land van ’n luiaard verbygeloop en by die wingerd van ’n mens sonder insig

31. en let op, dit was heeltemal toegegroei met dorings en die oppervlakte was bedek met brandnetels en sy klipmuur was afgebreek.

32. Toe het ek daarna gekyk en dit goed oordink en lering ontvang:

33. nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer, nog ’n bietjie hande-vou oor jou bors;

34. dan kom armoede oor jou en behoefte haal jou skielik in soos ’n hardloper.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 24