Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 21:2-18 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

2. Elke lewenswyse van ’n mens is reg in sy eie oë, maar יהוה korrigeer die verstand, wil en emosie.

3. Hy wat onpartydige opregtheid doen, is meer aanvaarbaar vir יהוה as hy wat ’n offer bring.

4. Hoogmoedige oë, ’n trotse verstand, wil en emosie en die vrug van die bose is sonde.

5. Die planne van die vlytige neig na oorvloed, maar dié van bose manne bring gebrek.

6. Die verkryging van skatte deur ’n leuenagtige tong sal vernietiging bring en die dood vir hulle wat dit soek.

7. Die vernietiging van die bose sal oor hulle kom, want hulle het geweier om regverdig te oordeel.

8. Hy wat sy eie pad verdraai tree snaaks op, maar die werke van hom wat rein is, is reg.

9. Dit is beter om alleen op die hoek van ’n dak te bly as by ’n twisgierige vrou in ’n groot huis.

10. Die lewe van ’n bose man is weggesteek vir sy naaste se oë.

11. Wanneer die bose skade kry, word selfs die eenvoudige wys, maar ’n wyse ontvang kennis deur sy eie raad.

12. Die regverdige man verstaan wyslik die verstand, wil en emosie van die bose en hy gooi die bose in hulle booshede.

13. Hy wat sy oor toemaak vir die uitroep van die arme, sal self ook uitroep tot God, maar Hy sal hom nie antwoord nie.Spr 18:16

14. ’n Geskenk in die geheim bring die woede tot bedaring, maar hy wat spaarsamig is met sy geskenke wek woede op.

15. Dit is ’n vreugde vir die regverdige om regverdig te oordeel, maar vernietiging vir die werkers van onregverdigheid.

16. ’n Mens wat afdwaal van die pad van insig, sal in die vergadering van die dooies rus.

17. Hy wat rykdom kortkom en steeds van onthale, wyn en plesiere hou, sal nie ryk word nie.

18. Die bose sal as losprys vir die regverdige gegee word en die bedrieglike in die plek van die opregtes.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 21