Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 19:4-17 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

4. Rykdom maak baie vriende, maar die arm man word deur sy vriende in die steek gelaat.

5. ’n Valse getuie sal nie ongestraf bly nie en hy wat leuens praat, sal nie vrykom nie.

6. Baie dien in die teenwoordigheid van ’n prins, hy gee selfs geskenke vir die wat boos is.

7. Al die broers van die arme haat hom; ook sy vriende gaan ver van hom af weg! Hy wat moeilikheid maak met sy woorde is oneg!

8. Hy wat wysheid verkry, het sy eie lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.

9. ’n Valse getuie bly nie ongestraf nie en hy wat leuens praat, word vernietig.

10. Om in luuksheid te leef, pas nie by ’n dwaas nie; nog minder is dit paslik vir ’n dienskneg om oor prinse te heers!

11. Die intelligensie van ’n mens word gewys deur sy geduld, sy eer en lof wanneer sy oortredinge verwyder word.

12. Die koning se woede is soos die gebrul van ’n leeu, maar sy guns is soos dou op die plante.

13. ’n Dwase seun is ’n oneer vir sy vader en die stryery van ’n vrou is soos ’n aanhoudende gedrup.

14. Huis en rykdom is die erfenis vanaf die vaders, maar ’n vrou word aan die man gegee vanaf יהוה.

15. Luiheid laat jou in ’n diep slaap val en ’n trotse man sal honger ly.

16. Hy wat die opdragte uitvoer, bewaar sy eie lewe, maar hy wat die regte lewenswyse verwerp, sal sterf.Ya’a 1:27

17. Hy wat omgee vir die armes, is ’n metgesel van יהוה en hy sal beloon word volgens sy dade.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 19