Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 19:21-29 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

21. Daar is baie planne in ’n man se verstand, nogtans sal die raad van יהוה vasstaan.

22. Die begeerte van ’n mens is om goed te doen en ’n arm man is beter as ’n ryk man wat lieg.

23. Respekvolle vrees vir יהוה lei tot lewe en hy wat daarmee tevrede is, sal voortbestaan, hy sal nie besoek word deur boosheid nie.

24. Die luiaard steek sy hande weg binne sy kleed en sal nie eens weer probeer om hulle na sy mond te bring nie.

25. Wanneer ’n bose persoon geslaan word, neem die wyse kennis en wanneer ’n wyse tereg gewys word, sal hy insig verkry.

26. Hy wat sy vader plunder en sy moeder teleurstel, is ’n seun wat skande veroorsaak en bespotting bring.

27. Wag, my seun en gee ag op dissipline en moenie die woorde van kennis vergeet nie.

28. ’n Deugniet wat getuig, spot met die reg; die mond van die bose verslind hom.

29. Oordeel word voorberei vir hulle wat spot met die regverdige oordeel en slae vir dwase mense.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 19