Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 19:17-22 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

17. Hy wat omgee vir die armes, is ’n metgesel van יהוה en hy sal beloon word volgens sy dade.

18. Tugtig jou seun terwyl daar hoop is en laat jou lewe nie sy oneer deel nie.

19. ’n Man van groot woede sal skade ly; hoe meer vyandig hy is hoe meer vergroot hy sy las.

20. Luister na raad en neem dissipline aan sodat jy wys kan wees in jou lewenswyse.

21. Daar is baie planne in ’n man se verstand, nogtans sal die raad van יהוה vasstaan.

22. Die begeerte van ’n mens is om goed te doen en ’n arm man is beter as ’n ryk man wat lieg.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 19