Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 19:1-10 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

1. Die arm man wat in sy integriteit leef is beter as ’n ryk man wat in boosheid leef.

2. Hy wat nie kennis van sy eie lewe het nie, dit is nie goed vir hom nie en hy wat haastig is met sy voete, sondig.

3. Die dwaasheid van ’n man bederf sy lewe, hy word in sy binneste kwaad vir יהוה.

4. Rykdom maak baie vriende, maar die arm man word deur sy vriende in die steek gelaat.

5. ’n Valse getuie sal nie ongestraf bly nie en hy wat leuens praat, sal nie vrykom nie.

6. Baie dien in die teenwoordigheid van ’n prins, hy gee selfs geskenke vir die wat boos is.

7. Al die broers van die arme haat hom; ook sy vriende gaan ver van hom af weg! Hy wat moeilikheid maak met sy woorde is oneg!

8. Hy wat wysheid verkry, het sy eie lewe lief; hy wat insig bewaar, sal die goeie vind.

9. ’n Valse getuie bly nie ongestraf nie en hy wat leuens praat, word vernietig.

10. Om in luuksheid te leef, pas nie by ’n dwaas nie; nog minder is dit paslik vir ’n dienskneg om oor prinse te heers!

Lees volledige hoofstuk Spreuke 19