Ou Testament

Nuwe Testament

Spreuke 16:11-27 Die Pad van Waarheid tot die Lewe (PWL)

11. Die gewig van ’n regverdige weegskaal, is יהוה se oordeel; al Sy werke is regverdige gewigte.

12. Konings wat moreel oortree, is verwerplik, want ’n troon word gevestig deur onpartydige opregtheid.

13. Die lippe van ’n onpartydige en opregte man is ’n vreugde vir die koning en hy het die woorde van die opregte lief.

14. Die woede van die koning is soos boodskappers van die dood, maar ’n wyse man sal dit tot bedaring bring.

15. In die lig van die gesig van die koning is lewe en sy guns is soos ’n wolk van die vroeë reëns.

16. Om wysheid te verkry, is baie beter as goud en om insig te verkry, beter as silwer.

17. Die pad van die opregtes veroorsaak dat jy wegdraai van boosheid; hy wat versigtig is vir sy lewe, beskerm sy lewenswyse.

18. Arrogansie kom voor verwoesting en trots kom voor die katastrofe.

19. Dit is beter om nederig en sonder trots te wees as hy wat buit verdeel saam met die magtiges.

20. Hy wat ’n opdrag verstaan, sal die goeie vind; gelukkig is hy wat op יהוה vertrou.

21. Die wyse van verstand, wil en emosie, is ’n man van onderskeiding en hy wie se spraak soet is, vermeerder lering.

22. Insig is ’n fontein van die lewe vir die wat dit het, maar die tugtiging van die dwase is leeg.

23. Die verstand, wil en emosie van die wyse verstaan die woorde van sy mond en voeg lering by sy lippe.

24. Die woorde van ’n wyse man is soos ’n heuningkoek: soet vir die lewe en ’n gesondheid vir die gebeente.

25. Daar is ’n lewenswyse wat reg lyk in die oë van ’n mens, maar die einde daarvan is die pad van die dood.

26. ’n Smartlike persoon maak homself droewig; sy vernietiging kom uit sy eie mond.

27. ’n Waardelose mens beplan boosheid; uit sy mond kom ’n brandende vuur.

Lees volledige hoofstuk Spreuke 16